News Article


Brief van 'n Tevrede Ouer

access_time Posted on Fri, Sep 28, 2018 7:40 AM


Baie dankie vir YOUCANDOMATHS.

My seun is in graad 8 en het baie verswak van laer na hoërskool. Ons het die jaar met 46% en 49% begin en na ons die program begin gebruik het, het sy punte opgegaan na 68%. Ons het so pas die nuwe uitslae gekry en ons is terug op 89% waar hy gewoonlik was. Baie dankie.

Ek dink hoërskool is 'n groot uitdaging en dinge gaan dikwels baie vinnig en ons seun het met YOUCANDOMATHS die geleentheid gehad om op sy eie tyd by die huis naweke op te vang wat hy voel hy verloor het. Dit was ook 'n baie beter en goedkoper alternatief as 'n individuele tutor vir ons.

Groete