Hoe die Program Werk


Neem asseblief kennis:

  • Maak altyd seker dat jy 'n pen, 'n werkboek en 'n sakrekenaar het wanneer jy die lesse doen.
  • Ons beveel aan dat jy oorfone gebruik om sodoende beter te kan konsentreer.
  • Die LEERDER moet inteken met sy of haar gebruikers-eposadres en wagwoord. (Let wel: Die OUER het nie toegang tot die lesse nie)
  1. Begin deur 'n les van die menu in BESKIKBARE LESSE te kies..
  2. Volgende moet jy na die les luister. Gee dit tyd om te laai en kliek SPEEL links onder in die hoek om die les te begin. Onthou om die les te stop en terug te gaan indien nodig.
  3. Nadat jy die les voltooi het, moet jy die NOTAS bestudeer. Maak 'n opsomming hiervan in jou werkboek.
  4. Dit is nou tyd om jouself te toets. Kies die korrekte antwoord vir elke vraag van die beskikbare opsies, skryf hierdie letter langs jou antwoord neer and tik dit in die korrekte blokkie. Kliek MERK DIE TOETS aan die einde.
  5. Die toets word onmiddellik gemerk! Jy kan op die VRAE kliek om te sien watter vrae jy korrek het.

  6. Afhangende van jou punt, kan jy nou besluit om die les en/of toets oor te doen, of jy kan die uitgewerkte ANTWOORDE bestudeer.
  7. Al jou toetspunte word in die VORDERINGSVERSLAG aangeteken. Let wel: Voogde / Ouers het ook toegang tot hierdie verslag deur hulle profiel.
  8. Jy het toegang tot 'n WISKUNDE WOORDEBOEK te alle tye.
  9. Ons weet dat as jy genoeg tyd op YouCanDoMaths spandeer en met 'n positiewe gesindheid hard werk, dan sal jy sukses met Wiskunde behaal!