kliek op die vraag om die antwoord te sien


  • Beslis. Al ons kliënte wat YouCanDoMaths gereeld en met toewyding gebruik, se punte het aansienlik verbeter.
  • Die lesse is noukeurig beplan en dek presies die werk wat jy moet ken.
  • Die program is deur ervare Suid-Afrikaanse onderwysers vir Suid-Afrikaanse leerders geskryf.
  • Jy het toegang tot die vorige graad (behalwe as jy in graad 7 is), wat beteken dat jy gapings in die vorige jaar kan vul.
  • Jy kan teen jou eie tempo, bykans enige plek en enige tyd, werk.
  • Maak seker jy lees Oor die Program.

Kliek op "Teken aan en dan op Wagwoord vergeet?
'n Epos met skakel sal na jou Gebruikersnaam / Eposadres gestuur word. Volg hierdie skakel om jou wagwoord te herstel.
LW 1: Hierdie epos mag dalk in jou SPAM leêr gaan sit, so kyk of dit daar is.
LW 2: Indien jy 'n leerder is wat aan 'n ouer of onderwyser verbind is, kan die ouer of onderwyser ook jou wagwoord herstel. So dit is ook 'n goeie idee om vir hulle te vra om jou te help.

Ja, indien hulle die nodige toestemming het. Kontak ons asseblief by info@youcandomaths.co.za vir meer inligting.

A. Indien jy deur ons webtuiste geregistreer het en deur PAYFAST betaal het: Die ouer teken in met sy/haar besonderhede. Jou epos-adres is jou gebruikersnaam, en as jy jou wagwoord vergeet het, kan jy 'n nuwe een aanvra. Sodra jy ingeteken het, kan jy vandaar hernu (of registreer). Indien jy probleme met hierdie proses ondervind, stuur vir ons 'n epos na info@youcandomaths.co.za
B. Indien jy 'n koopbewys-gebruiker is: Koop 'n nuwe koopbewys by ons deur 'n epos na info@youcandomaths.co.za te stuur.

Daar is twee maniere om te registreer.
A: Registreer deur die webtuiste en betaal deur PAYFAST:
Hierdie metode word vir ouers of voogde wat graag wil tred hou met die vordering van leerders, aanbeveel.
Let wel: Die ouer/voog en leerder moet elk sy eie eposadres hê.
Die proses:
Kliek op Registreer
Kies "No" vir Do you have a voucher number?
Stap 1: Parent Details
Dit is waar die ouer sy/haar besonderhede invul.
Die ouer se eposadres is sy/haar gebruikersnaam.
Stap 2: Learner Details
Dit is waar die leerder se besonderhede ingevul word. 'n Ouer kan tot 3 leerders registreer.
Let wel: Die leerder kan nie dieselfde eposadres as die ouer hê nie. As die leerder nie 'n eposadres het nie, kan hy/sy een by gmail, yahoo, ens. gratis opstel.
Die leerder se eposadres is sy/haar gebruikersnaam.
Stap 3: Summary
In hierdie stap sal jy 'n opsomming van jou registrasie besonderhede sien.
Stap 4: Payment
In hierdie stap word jy na die PAYFAST webtuiste gestuur. Betaling kan met behulp van 'n kredietkaart of direkte oorplasing van jou bank gedoen word. Let wel: Moet nie die webblad hier toemaak nie, want in die laaste stap word jy terug na ons webtuiste gestuur.

B. Registreer met 'n koopbewys:
Met hierdie metode word slegs een eposadres verlang en dit word vir volwasse of selfstandige leerders aanbeveel. Betaling word direk aan ons via EFT of kontant deposito by 'n FNB ATM.
Die proses:
Om die koopbewys te bekom, moet jy eers die volgende doen.
1. Stuur 'n epos na info@youcandomaths.co.za met jou naam, die tipe (1, 3, 6, 9 of 12 maande) en aantal koopbewyse verlang.
2. Ons sal dan vir jou die bankbesonderhede epos.
3. Jy maak 'n betaling en stuur vir ons die bewys van betaling.
4. Ons stuur vir jou die koopbewys-nommer(s).
Kliek op Registreer
Kies "Yes" vir Do you have a voucher number?

Tik die koopbewys-nommer in en kliek Continue.
Stap 1: Learner details
Die leerder se eposadres is sy/haar gebruikersnaam.
Stap 2: Voucher details
Die sisteem bevestig die geldigheid van die koopbewys en gee 'n opsomming daarvan.
Stap 3: Redeem Voucher
Wanneer jy op Redeem Voucher kliek, word jy op die sisteem geregistreer en het jy onmiddellik toegang tot die lesse.

Die stelsel is so ontwerp dat die ouer aan die leerder gekoppel is en daarom kan hulle nie dieselfde eposadres gebruik nie. As die leerder nie 'n eposadres het nie, kan hy of sy een skep by gmail, yahoo, hotmail, ens. Dit is gratis.

Jy kan al die ou matriek-vraestelle op hierdie webtuiste kry: https://www.ecexams.co.za/ExaminationPapers.htm
Vir meer ou vraestelle van IEB en ander skole gaan na die webblad van St STihians: http://maths.stithian.com/

Wag vir so 30 sekondes vir die les om op te laai. Kyk of jou internettoegang behoorlik werk.

Kyk of jou internetverbinding werk, want dit is gewoonlik as gevolg van 'n gebroke internetverbinding. Verfris die blad en doen die toets oor.

Probeer een van die volgende

  • Luister weer na die les. Onthou om te stop, terug te gaan en te herhaal.
  • As die les op 'n ander een volg, luister ook na die vorige les.
  • Jy kan ook na dieselfde onderwerp in die vorige graad luister, as dit daar voorkom.
    • Lees weer die vraag.
    • Raadpleeg die Notas.
    • Gebruik die Woordeboek as jy nie 'n woord verstaan nie.
    • As dit nie help nie, tik enige opsie in en gaan voort met die toets. Maak 'n nota van die vraag en bestudeer die uitgewerkte antwoorde noukeurig.

  • As jou toetspunt minder as 60% is, stel ons voor dat jy weer na die les luister en die toets oordoen.
  • As jou toetspunt meer as 60% is en jy voel dat jy nogsteeds nie verstaan nie, is dit 'n goeie idee om weer na die les te luister en weer die toets te doen.
  • Wanneer jy vir 'n toets of eksamen voorberei.
  • Onthou, mens leer deur herhaling!
  • As jy voel jy kan 'n beter punt behaal, doen die toets oor sonder om na die antwoorde te kyk.

    Ja, maar dan moet jy die werk ken en die toets doen net om te oefen. Kies 'n les uit Beskikbare Lesse en kliek dan op Toets Jouself.

    Daar is baie verskillende metodes in wiskunde, maar hulle gee almal dieselfde antwoord. As jou antwoord korrek is en jy het al jou stappe gewys, behoort jy volpunte te kry! Gebruik die metode wat vir jou die beste werk.

    • Harde werk en meer harde werk!
    • Moet nie moed opgee nie.
    • Volhard.
    • As jy iets nie die eerste keer verstaan nie, beteken dit nie dat jy nie wiskunde kan doen nie.
    • Toe Einstein op skool was, het sy onderwyser vir hom gesê dat hy nêrens in die lewe sal kom nie!

    Kies die Afdeling of Onderwerp wat jy wil doen en werk dan van bo na onder.

    Ons beveel die Casio fx-82ES of ZA PLUS sakrekenaar aan.

    Beslis. Jy het 'n rekenaar, tablet of slimfoon met toegang tot die internet nodig.

    Ja, ons lesse kan op enige toestel speel.

    Verseker. Ons beveel aan dat jy oorfone gebruik om beter te kan konsentreer.

    Nee, DVD's raak verouderd. Deur die program op die internet te hê, kan ons die program altyd opdatum hou.

    Ons beveel ten minste 'n 4 Meg internet-lyn met "unshaped" data, aan. Wees versigtig met sekere diensverskaffers, want hulle mag dalk die data "shape" en dit beteken dat die aflaai-spoed met tye baie stadig kan raak.

    Nee, ons dek slegs suiwer Wiskunde.