Maths Dictionary





2D
Twee dimensioneel. 'n Plat vlak en meting vind in twee rigtings plaas. (bv. oppervlakte of area). Ons noem hierdie 2D voorwerpe of liggame.


3D
Drie dimensioneel. Meting vind in drie rigtings plaas (bv. volume). Ons noem hierdie 3D voorwerpe of liggame.


aangrensende hoeke (aanliggende hoeke)
Twee hoeke is aangrensend as hulle dieselfde hoekpunt deel en een sy in gemeen tussen hulle het.


afgeleide
Die gradiënt van 'n funksie by 'n sekere punt.


afnemende orde
Van grootste na kleinste.


aksioma
'n Wiskundige feit wat aanvaar word as waar sonder dat dit nodig is om dit te bewys.
bv. 'n raaklyn aan 'n sirkel is loodreg op 'n radius van daardie sirkel, by die raakpunt


algebraïese breuk
'n Breuk wat veranderlikes (letters) bevat.


algebraïese uitdrukking
'n Uitdrukking wat uit enige aantal terme bestaan. Die terme word deur + en - geskei.


algemene oplossing (in trigonometrie)
Al die moontlike oplossings van 'n trigonometriese vergelyking. Ons gebruik dit, want 'n trig vergelyking het oneindig baie oplossings.


algemene term
Die algemene term (Tn) van 'n getalpatroon is 'n uitdrukking wat gebruik word om enige term in die patroon te bereken.


analitiese meetkunde
Dit is die deel van wiskunde waar algebra gebruik word in die bestudering van meetkunde.


asimptoot
Dit kan 'n vertikale, horisontale of enige reguit lyn wees. 'n Grafiek kom al nader aan sy asimptoot, maar sal dit nooit bereik nie.


basis van 'n prisma of piramide
Een van die twee identiese vlakke in 'n prisma of die vlak wat teenoor die toppunt in 'n piramide of keël is.


basis van 'n veelhoek (poligoon)
Enige sy van 'n veelhoek kan die basis(b) wees, solank as wat die hoogte(h) loodreg is op die basis.


beperkings (in lineêre programmering)
Ons gebruik ongelykhede om die beperkings mee aan te dui.
(bv. 'n maksimum van 12 uur is beskikbaar om 'n produk te vervaardig of ten minste 5 eenhede moet per dag verkoop word)


boog van 'n sirkel
'n Boog is deel van die omtrek van 'n sirkel.


boomdiagram
'n Diagram, wat uit takke bestaan, wat al die moontlike uitkomstes van 'n gebeurtenis toon.


boonste klasgrens
Die grootste waarde in 'n klasinterval. (bv. die boonste klasgrens van 11 - 20 is 20)


buigpunt
Dit is die punt waar die konkawiteit van 'n funksie verander.


buite-oppervlakte
Ook bekend as totale buite-oppervlakte (TBO). Die totale oppervlakte van al die buite vlakke van 'n 3D liggaam.


Cartesiese vlak
'n Vlak wat deur 'n horisontale as (die x-as) en 'n vertikale as (die y-as) gevorm word. Die twee asse sny by 0 en dit word gebruik om die posisie van enige punt in die vlak te bepaal met behulp van twee koördinate.


cos (kosinus)
Die kosinus van 'n hoek in 'n reghoekige driehoek is gelyk aan die lengte van die aangrensende sy gedeel deur die lengte van die skuinssy.


cosec
Die cosec van 'n hoek in 'n reghoekige driehoek is gelyk aan die lengte van die skuinssy gedeel deur die lengte van die teenoorstaande sy.


cot
Die cot van 'n hoek in 'n reghoekige driehoek is gelyk aan die lengte van die aangrensende sy gedeel deur die lengte van die teenoorstaande sy.


dalend
Afnemend of om kleiner te word.


dalende funksie
Dit is as die grafiek van 'n funksie afnemend is.


data
Inligting wat in 'n statistiese opname ingesamel word en kan kategories (bv. gunsteling kleur, tipe motors) of numeries (bv. lengte, ouderdom, punte) wees.


definisieversameling
Die waardes van x waarvoor 'n funksie gedefinieerd is of die versameling van al die moontlike x-waardes van 'n funksie.



dekagoon (tienhoek)
'n Veelhoek met 10 sye.


derdegraadse funksie
Die hoogste mag van die veranderlike is 3.
bv. y = x3 + 2x2 - x - 4


derdegraadse grafiek
Die grafiek van 'n derdegraadse funksie.


derdemag
'n Volkome derdemag kan as die produk van drie identiese faktore geskryf word.


derdemagswortel
As jy die derdemagswortel van 'n getal drie keer met homself maal, kry jy die getal binne die wortelteken.


deursnee
Die afstand van 'n punt op die omtrek van 'n sirkel deur die middelpunt na 'n ander punt op die omtrek van 'n sirkel. Word ook 'n middellyn genoem. (deursnee = 2 x radius)


dieptehoek
Dit word van die horisontaal afwaarts gemeet.


differensiaalrekening (calculus)
Differensiaalrekening is die bestudering van die tempo van verandering, net soos meetkunde die bestudering van vorms is en algebra die bestudering van bewerkings en hul toepassings om vergelykings mee op te los is.


diskrete grafiek
'n Grafiek wat uit punte bestaan.


dodekaëder (twaalfvlak)
'n Poliëder (veelvlak) met 12 vlakke, 20 hoekpunte en 30 kante. Die vlakke is kongruente reëlmatige pentagone (vyfhoeke).


draaipunt
Dit is die punt waar 'n grafiek van toenemend na afnemend of van afnemend na toenemend verander.


drieterm
'n Algebraïse se uitdrukking met drie terme.


een-tot-een funksie
Elke element in die definisieversameling is verbind aan 'n verskillende element in die waardeversameling.
Op die grafiek: As jy 'n vertikale of 'n horisontale lyn oor die grafiek beweeg, dan sal beide die grafiek net een keer sny.


eenterm
'n Algebraïese uitdrukking met net een term.


effektiewe rentekoers
'n Rentekoers wat jaarliks saamgestel word.
(bv. 12% p.j. jaarliks saamgestel)


egte breuk
'n Breuk waarvan die teller (bo) kleiner is as die noemer (onder).


eksperiment (waarskynlikheid)
'n Aktiwiteit met uitkomste.
bv. om 'n dobbelsteen te rol


eksponent
Saam met die grondtal gee dit die mag. Ook bekend as die indeks.



ekstrapolasie
Dit is wanneer jy van buite die gegewe omvang van x-waardes voorspel of skat. Hierdie voorspellings is gewoonlik swak en onbetroubaar.


enkelvoudige rente
Rente wat slegs op die oorspronklike bedrag bereken word. Word ook enkelvoudige groei genoem.
Formule: A = P(1 + in)


ewekansig (willekeurig)
Ewekansige gebeurtenisse is onvoorspelbaar.
bv. jy kan nie voorspel watter getal jy gaan kry as jy 'n dobbelsteen rol nie


ewekansige steekproef (statistiek)
Wanneer elkeen 'n gelyke kans het om vir die opname gekies te word.


eweredigheidstelling
As 'n lyn ewewydig aan een sy van 'n driehoek die ander twee sye van die driehoek sny, dan verdeel die lyn hierdie twee sye in dieselfde verhouding.


ewewydige lyne
Of parallelle lyne. Dit is lyne wat altyd ewe ver van mekaar af is. Hulle sal nooit ontmoet of mekaar sny nie.


faktore
Alle natuurlike getalle wat presies in 'n getal kan deel. Bv. Faktore van 24: 1 ; 2 ; 3 ; 4 ; 6 ; 8 ; 12 ; 24


faktoriseer
Om 'n algebraïese uitdrukking as die produk van sy faktore te skryf.


faktorstelling
As f(a) = 0 dan is x – a 'n faktor van f(x)
of
As f(b/a) = 0 dan is ax – b 'n faktor van f(x)

bv. x + 4 is 'n faktor van f(x) = x2 - 2x - 8, want f(-4) = (-4)2 - 2(-4) - 8 = 0


fakulteit
Die produk van al die heelgetalle van 1 tot by die heelgetal in die vraag.
bv. 5! = 5 x 4 x 3 x 2 x 1


Fibonacci getalpatroon
Die volgende getal word gegee deur die som van die vorige twee getalle.


formule
'n Reël wat simbole gebruik om 'n wiskundige of wetenskaplike stelling te verteenwoordig.


frekwensie
Die aantal keer wat 'n item of datawaarde voorkom.


frekwensietabel
'n Tabel wat wys hoeveel keer 'n datawaarde voorkom.


frekwensieveelhoek
Word ook soms 'n frekwensie-poligoon genoem.
'n Grafiek wat gegroepeerde data vertoon. 'n Frekwensieveelhoek bestaan uit lyne wat die horisontale as met die datapunte met koördinate (klasmiddelpunt ; frekwensie van die klas), verbind.


fundamentele telbeginsel
As daar M maniere is vir een gebeurtenis om plaas te vind en N maniere vir nog 'n gebeurtenis om plaas te vind, dan is daar  M x N maniere vir beide om plaas te vind. (NB. dit is ook waar vir meer as twee gebeurtenisse)
bv. As jy 'n dobbelsteen rol (6 uitkomstes) en 'n muntstuk opskiet (2 uitkomstes), dan is daar altesaam 12 (6 x 2) moontlike uitkomstes.


funksie
'n Reël waar elke element in die definisieversameling (x-waardes) verbind is aan slegs een element in die waardeversameling (y-waardes).


gangbare (toelaatbare) gebied (lineêre programmering)
'n Gebied wat al die punte bevat wat 'n stel beperkings bevredig.


gebeurtenis
Jy kan 'n gebeurtenis so definieer dat dit spesifieke uitkomstes het.
bv. laat gebeurtenis A 'n ewe getal wees as jy 'n dobbelsteen rol
L.W. Ons sê 1 gebeurtenis en 2 gebeurtenisse of 2 gebeure


gebroke-lyn grafiek
'n Grafiek waar die afgemerkte punte met reguit lynstukke verbind is.


gegroepeerde data
Data wat in klasintervalle saam gegroepeer is. Gegroepeerde data word gewoonlik op 'n histogram vertoon.


gelykbenige driehoek
'n Driehoek met twee gelyke hoeke en twee gelyke sye.


gelyksoortige terme
Terme met identiese veranderlikes. Ons kan gelyksoortige terme optel en aftrek. (bv. 5x2y + 3x2y - x2y = 7x2y)


gelyksydige driehoek
'n Driehoek met drie gelyke hoeke en drie gelyke sye. Elke hoek is 60°.


gelyktydige vergelykings
Dit is as ons twee vergelykings gebruik om twee onbekendes op te los.


gelykvormige voorwerpe
Voorwerpe met dieselfde vorm, maar verskillende groottes.


gemengde getal
'n Getal wat uit 'n heelgetal en 'n breuk bestaan.


gemiddelde
Of ook rekenkundige gemiddelde. Een van die maatstawe van sentrale neiging. Dit word bereken deur die som van al die datawaardes deur die aantal datawaardes te deel.


gemiddelde punt
Dit is die punt op 'n spreidingsdiagram waar die x-koördinaat die gemiddelde van die x-waardes is en die y-koördinaat die gemiddelde van die y-waardes is. Die gemiddelde punt lê altyd op die regressielyn.


geordende paar
Die x- en y-koördinate van enige punt op die Cartesiese vlak. Dit word tussen hakkies geskryf, met die x-koördinaat eerste.


geskatte gemiddelde
Die gemiddelde van gegroepeerde data.


gestrekte hoek
'n Hoek van 180o.


gradiënt
Dit wys vir ons hoe steil 'n lyn is.


grondtal van 'n eksponent
'n Getal of veranderlike wat saam met die eksponent die mag gee.


halveer
Dit beteken om iets in die helfte te sny.


heelgetalle
Negatiewe heelgetalle, nul en positiewe heelgetalle.


heksaëder (kubus)
'n Poliëder (veelvlak) met 6 vlakke, 8 hoekpunte en 12 kante. Die vlakke is kongruente vierkante.


heksagoon (seshoek)
'n Veelhoek met 6 sye.


heptagoon (sewehoek)
'n Veelhoek met 7 sye. 


hiperbool
Dis die grafiek van 'n funksie waar x in die noemer is.


hipotese
'n Afleiding wat gebaseer is op onvolledige inligting.
(bv. 1 + 4 = 5 en 9 + 16 = 25 is onvolledige bewyse dat die som van twee volkome vierkante nie 'n volkome vierkant is nie)


histogram
'n Grafiek wat gegroepeerde data vertoon. Die hoogte van die stawe toon die frekwensie en daar is geen gapings tussen die stawe nie.


hoeklyn
'n Lyn wat twee hoekpunte van 'n veelhoek wat nie langs mekaar is nie, met mekaar verbind.


hoekpunt
Waar 2 lyne ontmoet om 'n hoek te vorm.


hoofkoeffisiënt
Dit is die koeffisiënt van die term met die hoogste graad in 'n veelterm.


hoogtehoek
Dit word van die horisontaal opwaarts gemeet.


hoogtelyn
Loodregte hoogte van 'n vorm. 'n Driehoek het drie hoogtelyne.


horisontaal
Dit is van links na regs ... soos die horison. 'n Horisontale lyn is loodreg op die y-as en ewewydig aan die x-as.


houer-en-puntdiagram
'n Grafiek of diagram wat gebruik word om die vyfgetal-opsomming mee voor te stel.


huidigewaarde-annuïteit
Wanneer gereelde vaste betalings gemaak word en jy kry die geld onmiddellik. Die huidigewaarde is al die paaiemente minus die rente.


huurkoop
'n Metode om iets te koop en dit dan deur middel van maandelikse paaiemente oor 'n tydperk af te betaal.


ikosaëder (twintigvlak)
'n Poliëder (veelvlak) met 20 vlakke, 12 hoekpunte en 30 kante. Die vlakke is kongruente gelyksydige driehoeke.


indeks
sien eksponent


inflasie
Dit wys vir ons die toename (as 'n persentasie) in die koste van goedere en dienste van een jaar tot die volgende.


inklinasie hoek
Dit is 'n hoek wat van die x-as in 'n anti-kloksgewyse rigting gemeet word.



inspringende hoek
Ook 'n reflekse hoek genoem. 'n Hoek tussen 180o en 360o.


interkwartiel-omvang
Die verskil tussen die boonste en die onderste kwartiele. IQR = Q3 - Q1


interpolasie
Dit is wanneer jy van binne die gegewe omvang van x-waardes voorspel of skat. Hierdie voorspellings is gewoonlik goed en betroubaar.


interval notasie
'n Manier om reële getalle aan te toon. 'n Ronde hakkie beteken 'uitgesluit' en 'n vierkantige hakkie beteken 'ingesluit'. Oneindigheid is altyd uitgesluit.


inverse funksie
Dit is 'n refleksie in die lyn y = x. Om die vergelyking van die inverse te kry, ruil ons die x- en y-waardes om.


irrasionale getal
'n Getal met nie-herhalende, nie-eindige desimale syfers. Dit kan nie as 'n breuk geskryf word nie.


kapasiteit
Die volume spasie binne 'n houer wat in milliliters(ml), liters(l) of kiloliters(kl) gemeet word. Dit word meestal vir vloeistowwe gebruik.


kategoriese data
Data wat nie getalle is nie. (bv. kleure, tipe motors, ens.)


keël
'n Vaste liggaam met 'n sirkelvormige basis wat saamloop na 'n punt bo, die toppunt.


KGV
Kleinste gemene veelvoud. Die kleinste getal waarin al die gegewe getalle kan deel.


klas (of klasinterval)
Dit toon die interval of groep waarin die datawaardes verdeel is, aan. (bv. 1 - 10, 11 - 20, 21 - 30, ens.)


klasgrens
Die begin en die einde van 'n klasinterval. (bv. 11 en 20 is die klasgrense van die klasinterval 11 - 20)


klasmiddelpunt
Die middel van 'n klasinterval in gegroepeerde data.


kleinstekwadrate lyn
sien regressielyn


ko-binne hoeke
As lyne ewewydig is, is die som van die ko-binne hoeke 180o. Kyk vir 'n C of 'n U.


koeffisiënt
Die getal wat voor die veranderlikes in 'n algebraïese term staan.


koers
'n Koers vergelyk twee hoeveelhede met verskillende eenhede. Bv. 'n Spoed van 60 km/h is 'n koers wat afstand en tyd vergelyk


kollineêr (of saamlynig)
Punte is kollineêr as hulle op dieselfde reguit lyn lê.


kompasrigtings
Noord, suid oos en wes.


komplekse getalle
Sluit alle reële en alle nie-reële (denkbeeldige) getalle is. Ons het hierdie getalle nodig om 'n vergelyking soos x2 = -9 op te los.  



komplementêre gebeurtenisse (waarskynlikheid)
Al die moontlike uitkomstes is of in die een gebeurtenis (A) of in die ander gebeurtenis (B).
Reël:
P(nie A) = 1 - P(A)
of
As A en B komplementêre gebeurtenisse is, dan P(B) = 1 - P(A) of P(A) = 1 - P(B).


komplementêre hoeke
Die som van komplementêre hoeke is 90o.


kongruente figure
Figure wat dieselfde grootte en vorm het. Hulle is identies.


konkawiteit
'n Funksie is konkaaf na bo as die 2de afgeleide positief is en konkaaf na onder as die 2de afgeleide negatief is.


konsikliese punte
Punte wat almal op die omtrek van dieselfde sirkel lê.


konstante
'n Waarde wat nie verander nie.


konstante tweede verskil
Wanneer die verskil tussen die eerste verskille in 'n getalpatroon dieselfde is.



konstante verskil
Jy kry dit as die verskil tussen opeenvolgende terme in 'n getalpatroon dieselfde is.


kontinue grafiek
'n Grafiek wat jy kan teken sonder om jou hand op te lig. Dit word ook 'n aaneenlopende grafiek genoem.


konvergerende reeks
'n Oneindige reeks met 'n berekenbare som.


koord
'n Lynstuk waarvan die eindpunte beide op die omtrek van 'n sirkel lê. Die langste koord in 'n sirkel is die middellyn of deursnee.


koordevierhoek
'n Vierhoek waarvan al die hoekpunte op die omtrek van dieselfde sirkel lê.


korrelasie koeffisiënt
n Getal (r) waar -1 ≤ r ≤ 1, wat die sterkte en rigting van die korrelasie (verwantskap) tussen twee veranderlikes meet. bv. r naby aan 1 beteken daar is sterk positiewe korrelasie tussen die veranderlikes r naby aan -1 beteken daar is sterk negatiewe korrelasie tussen die veranderlikes r naby aan 0 beteken daar is swak of geen korrelasie tussen die veranderlikes


kubus
'n Vaste liggaam met ses identitiese vierkantige vlakke.


kumulatiewe frekwensie
Die totaal van al die frekwensies in 'n stel data, tot by 'n sekere punt.


kwadrant
Die Kartesiese vlak het 4 kwadrante. Hulle is die 1ste, 2de, 3de en 4de kwadrante.


kwadratiese funksie
Die hoogste mag van die veranderlike is 2. (bv. y = x2 + x - 6)


kwadratiese getalpatroon
'n Getalpatroon met konstante tweede verskille. Die algemene term is van die vorm: Tn = an2 + bn + c


kwartiele
Die kwartiele verdeel 'n stel data in 4 gelyke dele. Hulle is die onderste kwartiel (Q1), die mediaan (M of Q2) en die boonste kwartiel (Q3).


kwosiënt
Die antwoord as ons deel.


limiet
Die waarde wat 'n funksie benader as x 'n sekere waarde benader.


lineêre funksie
Die hoogste mag van die veranderlike is 1. (bv. y = 3x + 1)


lineêre getalpatroon
Die algemene term van 'n lineêre getalpatroon is van die vorm Tn = an + c. 'n lineêre getalpatroon het konstante verskille tussen opeenvolgende terme.


lineêre programmering
'n Wiskundige metode wat lineêre ongelykhede gebruik om probleme wat te doen het met maksimum en minimum hoeveelhede, op te los.
(bv. maksimum wins en minimum koste)


loodregte lyne
Lyne wat mekaar met 'n hoek van 90o sny.


lyn of reguitlyn
'n Lyn het geen beginpunt of eindpunt nie.
bv. lyn AB:


lyn van beste passing
Dit is 'n reguitlyn (lineêre funksie) wat die data op 'n spreidingsdiagram die beste voorstel. Die lyn moet deur soveel punte as moontlik gaan met rofweg dieselfde aantal punte bo en onder dit.
Sien ook regressielyn.


lynstuk of lynsegment
'n Lynstuk het 'n spesifieke beginpunt en 'n spesifieke eindpunt.
bv. lynstuk AB:


maatstawe van sentrale neiging
Die rekenkundige gemiddelde, mediaan en die modus. Hierdie is gemiddeldes wat gebruik word om 'n stel data mee op te som.


maatstawe van verspreiding
Hierdie waardes vertel vir ons hoe uitgesprei die data is. (bv. die omvang, die interkwartiel-omvang en standaard afwyking)


mag
'n Mag is 'n getal wat verhef is tot 'n eksponent.


maksimum
Die grootste waarde.


mediaan
Dit is 'n maatstaaf van sentrale neiging. Die mediaan is die middelwaarde as die data van kleinste na grootste gerangskik is. As daar twee middelwaardes is, is die mediaan die gemiddelde van hierdie twee waardes.



mediaan van 'n driehoek
Dit is die lyn wat 'n hoekpunt van 'n driehoek met die middelpunt van die teenoorstaande sy verbind.


meer-tot-een funksie
Baie elemente in die definisieversameling is verbind aan dieselfde element in die waardeversameling.
Op 'n grafiek: As jy 'n vertikale lyn oor die grafiek beweeg, sny die lyn die grafiek net een keer, maar as jy 'n horisontale lyn oor die grafiek beweeg, sny die lyn die grafiek meer as een keer.


meetkundige reeks
Reekse met 'n konstante verhouding tussen terme i.e. jy moet met dieselfde getal maal of deel om die volgende term te kry.
(bv. 100 ; 50 ; 25 ; 12,5 ; . . .)


meetkundige ry
Jy kry dit deur die terme van 'n meetkundige reeks bymekaar te tel.
(bv. 100 + 50 + 25 + 12,5 + . . .)


middelloodlyn
'n Middelloodlyn is a) loodreg op 'n ander lyn en b) sny die ander lyn in die helfte.


middelpuntstelling
Die lyn wat die middelpunte van twee sye van 'n driehoek verbind is ewewydig aan die derde sy en is gelyk die helfte van die derde sy.


minimum
Die kleinste waarde.


modale klas
Die klasinterval met die hoogste frekwensie in gegroepeerde data.


modus
'n Maatstaaf van sentrale neiging. Dit is die datawaarde wat die meeste voorkom.



natuurlike getalle
Die natuurlike getalle is 1, 2, 3, 4, 5, . . . 


negatiewe korrelasie
Een veranderlike op die spreidingsdiagram neem toe soos die ander veranderlike afneem.
Die regressielyn het 'n negatiewe gradiënt, i.e. die lyn is dalend.


nie-reële getal
Dit is die gelyke wortel van 'n negatiewe getal en word ook 'n imaginêre getal genoem.


noemer
Die onderste deel van 'n breuk.


nominale rentekoers
'n Rentekoers wat maandeliks, kwartaalliks, half-jaarliks, ens. saamgestel word. Met ander woorde, enige tydperk behalwe jaarliks.
(bv. 12% p.j. maandeliks saamgestel)


nul
Jy mag nooit in wiskunde deur nul deel nie, want dit gee 'n ongedefinieerde antwoord.


ogief
'n Grafiek in statistiek wat gebruik word om kumulatiewe frekwensie te vertoon.


oktaëder (agtvlak)
'n Poliëder (veelvlak) met 8 vlakke, 6 hoekpunte en 12 kante. Die vlakke is kongruente gelyksydige driehoeke.


oktagoon (agthoek)
'n Veelhoek met 8 sye.


omgekeerde van 'n stelling
Ons kry die omgekeerde van 'n stelling as ons dit wat gegee is en dit wat bewys moet word, omruil.


omtrek
Die totale afstand rondom 'n 2D voorwerp.


omvang
Word ook variasiewydte genoem. Dit is 'n maatstaaf van verspreiding en toon die verskil tussen die grootste en die kleinste datawaardes van 'n stel data aan.


omwenteling
Ook 'n revolusie genoem. 'n Volle draai van 360o.


onafhanklike gebeurtenisse (waarskynlikheid)
Twee gebeurtenisse is onafhanklik as die waarskynlikhied dat een gebeur geen invloed het op die waarskynlikhied dat die ander sal gebeur nie.
bv. om kop te kry as jy 'n muntstuk opgooi en om 6 te kry as jy 'n dobbelsteen rol
Omdat hierdie onafhanklike gebeurtenisse is, kan ons die produkreël gebruik: P(H en 6) = P(H) x P(6)


onderlinguitsluitend (waarskynlikheid)
Gebeurtenisse wat geen gemene uitkomstes het nie. 
bv. ewe en onewe getalle is onderlinguitsluitend, want getalle kan nie ewe en onewe op dieselfde tyd wees nie
As A en B onderlinguitsluitend is, dan P(A en B) = 0.



onderste klasgrens
Die kleinste waarde in die klasinterval. (bv. die onderste klasgrens van 11 - 20 is 11)


onegte breuk
'n Breuk waarvan die teller (bo) groter is as die noemer (onder).


oneindigheid
'n Hoeveelheid sonder 'n limiet. Groter as die grootste getal waaraan jy kan.


ongedefinieerde getal
'n Getal is ongedefinieerd as die noemer nul is. Jy mag nooit deur nul deel nie.


ongegroepeerde data
Ook bekend as rou data. 'n Lys van datawaardes.


ongelykheid
'n Stelling waar een hoeveelheid groter is as die ander. (bv. x > 5 of x + 1 < 2)
NB: Wanneer 'n ongelykheid opgelos word, verander die rigting van die ongelykheidsteken as ons met 'n negatiewe getal maal of deel.


ongelykheidstekens
Groter as (bv. 5 > 2).
Kleiner as (bv. 1 < 6).
Die oopkant wys altyd na die groter waarde.


ongelyksoortige terme
Terme met verskillende veranderlikes. Jy mag nie ongelyksoortige terme optel of aftrek nie. (bv. 3x en 5y is ongelyksoortige terme)


ongelyksydige driehoek
'n Driehoek met geen gelyke hoeke of geen gelyke sye nie.


onmoontlike gebeurtenis (probability)
'n Gebeurtenis wat nooit sal gebeur nie, m.a.w. die waarskynlikheid dat dit sal gebeur is gelyk aan 0.
bv. As gebeurtenis A is om 7 te kry as jy 'n dobbelsteen rol, dan P(A) = 0


ooreenkomsige hoeke
As lyne ewewydig is, dan is die ooreenkomstige hoeke gelyk. Kyk vir 'n F.


oorsprong
Dit is waar die x-en y-asse sny. Die koördinate van die oorsprong is (0 ; 0).


opeenvolgende getalle
Getalle wat mekaar opvolg. (bv. 34 en 35 is opeenvolgende getalle en 44 en 46 is opeenvolgende ewe getalle)


opeenvolgende terme
Terme wat mekaar in 'n getalpatroon opvolg. T1, T2, en T3 is opeenvolgende terme.


oppervlakte
Word ook area genoem. Die grootte van 'n plat vlak. Dit word in vierkante eenhede gemeet.


optellings inverse
As 'n getal by sy optellings inverse getel word, dan is die antwoord nul.


optelreël (waarskynlikheid)
P(A of B) = P(A) + P(B - P(A en B)
Ons kan die reël vir enige tipe gebeurtenisse gebruik, maar as die gebeurtenisse onderlinguitsluitend is, hoef ons nie die " - P(A en B)" deel by te voeg nie. Dit is omdat P(A en B) = 0 vir onderlinguitsluitende gebeurtenisse.


parabool
Dit is die grafiek van 'n kwadratiese funksie.


parallelogram
'n Vierhoek waarvan beide pare teenoorstaande sye ewewydig is.


paslyn
'n Lyn wat deur die datapunte op 'n spreidingsdiagram gaan. Dit volg die algemene neiging van die data.
Ook bekend as "die lyn van beste passing".


pentagoon (vyfhoek)
'n Veelhoek met 5 sye.


persentiel
Persentiele verdeel 'n stel data in 100 gelyke dele. (bv. P40 is die 40ste persentiel. Dit beteken dat omtrent 40% van die data lê onder P40 en omtrent 60% lê bo P40)


pi
Die verhouding van die omtrek van 'n sirkel tot sy deursnee. π = 3,141592654...


piramide
'n 3D liggaam met 'n veelhoek as basis. Al die ander vlakke is driehoeke wat mekaar in die toppunt ontmoet.


Platoniese vaste vorms
Dit is poliëders (veelvlakke) met:
- vlakke wat kongruente reëlmatige veelhoeke is
- kante wat almal dieselfde lengte het
- dieselfde aantal kante wat by elke hoekpunt ontmoet
Die Platoniese vorms is die tetraëder, die heksaëder (kubus), die oktaëder, die dodekaëder en die ikosaëder.


poliëder (veelvlak)
'n 3D voorwerp met plat vlakke waar elke vlak 'n polygoon (veelhoek) is.
NB: Siliders, keëls en sfere is nie poliëders nie.


populasie (statistiek)
Wanneer almal bestudeer word.


positiewe korrelasie
Beide veranderlikes op die spreidingsdiagram neem op dieselfde tyd toe.
Die regressielyn het 'n positiewe gradiënt, i.e. die lyn is stygend.


priemfaktore
Faktore wat priemgetalle is.
bv. priemfaktore van 24 = 2 x 2 x 2 x 3 = 23.3


priemgetal
'n Getal wat net deur 1 en homself gedeel kan word. Die eerste paar priemgetalle is: 2, 3, 5, 7, 11, 13, 17, 19, 23, 29, 31, ....


prisma
'n Vaste liggaaam waarvan die basis, die bokant en alle dwarssnitte identiese (kongruente) veelhoeke is.


produk
Die antwoord as ons maal.


produkreël (waarskynlikheid)
P(A en B) = P(A) × P(B)
Ons gebruik dit met onafhanklike gebeurtenisse.


proef
Dit verwys na elke keer as jy 'n eksperiment in Waarskynlikheid doen.
bv. as jy 'n dobbelsteen 20 keer rol gee dit 20 proewe


Pythagoras
Die stelling van Pythagoras sê dat die kwadraat van die skuinssy van 'n reghoekige driehoek is gelyk aan die som van die kwadrate van die ander twee sye.


raaklyn (aan 'n sirkel)
'n Reguit lyn wat die sirkel in net een punt raak. 'n Raaklyn is loodreg op die radius (of middellyn) van 'n sirkel.


radius
Ook bekend as die straal van die sirkel. Die afstand van die middelpunt van 'n sirkel na sy omtrek. (deursnee = 2 x radius)


rant (of rand)
Soms ook kant genoem. Waar twee vlakke van 'n vaste liggaam ontmoet.


rasionale getalle
'n Getal wat as 'n breuk (heelgetal oor heelgetal) geskryf kan word.


reduksie formules (trigonometrie)
Dit word gebruik om hoeke te reduseer (verander) na skerphoeke.
(bv. sin 240o = sin (180o + 60o) = -sin 60o)


reële getalle
Al die rasionale en irrasionale getalle.


reëlmatige veelhoek
Al die sye en hoeke is gelyk.
(bv. 'n gelyksydige driehoek het drie gelyke sye en al drie die hoeke is 60o)


refleksie
'n Spieëlbeeld. Vorm en grootte bly dieselfde.


refleksie in die x-as
Die teken van y verander.


refleksie in die y-as
Die teken van x verander.


reghoek
'n Vierhoek met gelyke teenoorstaande sye en 4 regte hoeke. ('n Parallelogram met 4 regte hoeke.)


reghoekige driehoek
'n Driehoek met een 90° hoek.


regoorstaande hoeke
Regoorstaande hoeke is altyd gelyk.


regressielyn
Ook bekend as die lyn van beste passing of die kleinstekwadrate regressielyn.
'n Lyn wat deur die punte op 'n spreidingsdiagram getrek word om die verwantskap tussen die twee veranderlikes wat bestudeer word, op te som.
Hierdie lyn kan ook gebruik word om voorspellings en skattings te maak.


regte hoek
'n 90o hoek.


rekenkundige reeks
Reekse met 'n konstante eerste verskil i.e. jy moet dieselfde getal bytel of aftrek om die volgende term te kry.
(bv.  5 ; 1 ; -3 ; -7 ; . . . )


rekenkundige ry
Jy kry dit deur die terme van 'n rekenkundige reeks bymekaar te tel.
(bv. 1 + 6 + 11 + 16 + . . .)


repeterende desimale getalle
'n Desimale getal met desimale syfers wat vir ewig herhaal. Hierdie is rasionale getalle.


residu waarde
Dit is die verskil tussen die werklike (waargenome) y-waarde vir 'n spesifieke x-waarde en die voorspelde (gebruik die regressielyn) y-waarde vir dieselfde x-waarde.


resiprook
Word ook die omgekeerde genoem. Ons "draai 'n breuk om", om dit te kry. As ons 'n getal met sy resiprook maal, is die antwoord gelyk aan 1.


resiprook (omgekeerde) trig verhoudings
Die omgekeerde van sin A is cosec A, die omgekeerde van cos A is sec A en die omgekeerde van tan A is cot A.


resstelling
As  f(x) deur x - a gedeel word, dan is die res f(a)
                of
As  f(x) deur ax- b gedeel word, dan is die res f(b/a)

bv.  Die res as f(x) = x2 - 2x - 8 deur x + 1 gedeel word is -5, want f(-1) = (-1)2 - 2(-1) - 8 = -5


rotasie
Wanneer 'n voorwerp om 'n vaste punt geroteer word. Vorm en grootte bly dieselfde.


rou data
Of onverwerkte data. 'n Lys van aparte datawaardes.


ruit
'n Vierhoek met ewewydige teenoorstaande sye en 4 gelyke sye. ('n Parallelogram met 4 gelyke sye)


saamgestelde funksies
'n Kombinasie van twee funksies waar jy die 1ste funksie gebruik om 'n antwoord te kry. Hierdie antwoord word dan in die 2de funksie vervang. bv. f(g(x))


saamgestelde getalle
Getalle met meer as 2 faktore.
(bv. 6 = 1 × 6 en 6 = 2 × 3 . Dit sê vir ons dat 6 'n saamgestelde getal met faktore 1, 2, 3 en 6 is.)


saamgestelde rente
Dit is wanneer jy rente op rente verdien. Dit word ook saamgestelde vermeerdering of groei genoem.
Formule: A = P(1 + i)n


sec
Die sec van 'n hoek in 'n reghoekige driehoek is gelyk aan die lengte van die skuinssy gedeel deur die lengte van die aangrensende sy.


seker gebeurtenis (waarskynlikheid)
'n Gebeurtenis wat beslis gaan gebeur, m.a.w. the waarskynlikheid dat dit sal gebeur is gelyk aan 1.
bv. As gebeurtenis A is om 1, 2, 3, 4, 5, of 6 te kry as jy 'n dobbelsteen rol, dan P(A) = 1


semi-interkwartiel-omvang
Helfte van die interkwartiel-omvang.


semi-sfeer
Helfte van 'n sfeer.


sfeer
'n Perfekte ronde 3D liggaam. 


sigma
Die som van. 


silinder
'n Vaste liggaam met twee identiese sirkelvormige vlakke wat loodreg op die geboë vlak is.


simmetrie
Waar een helfte van 'n voorwerp die spieëlbeeld van die ander helfte is. (sien ook simmetrie-as)


simmetrie-as
Die lyn wat 'n vorm (of 'n grafiek) so verdeel dat die een helfte 'n spieëlbeeld van die ander helfte is.


sin (sinus)
Die sinus van 'n hoek in 'n reghoekige driehoek is gelyk aan die lengte van die teenoorstaande sy gedeel deur die lengte van die skuinssy.


sirkelgrafiek
'n Sirkelgrafiek word gebruik om verskillende kategorieë te vergelyk. Ook bekend as 'n sirkeldiagram.


skerphoek
'n Hoek tussen 0o en 90o.


skerphoekige driehoek
'n Driehoek met drie skerphoeke.


snyding van lyne
Twee lyne sny mekaar in net een punt.


som
Die antwoord as ons optel.


spreidingsdiagram
'n Diagram wat gebruik word om die moontlikheid van 'n verwantskap tussen twee veranderlikes te ondersoek.
bv. die lengte en gewig van leerders (tweeveranderlike data)


staafgrafiek
Horisontale of vertikale stawe, met spasies tussenin, word gebruik om data te vertoon.


standaardafwyking
Maatstaaf van verspeiding rondom die rekenkundige gemiddelde. Anders as die omvang, betrek die standaardafwyking al die waardes in 'n stel data.


starre transformasie
Enige transformasie wat nie die vorm en grootte van 'n voorwerp verander nie.
(bv. Translasies, refleksies en rotasies is almal starre transformasies. 'n Vergroting is nie star nie, want die grootte van die voorwerp verander.)



steekproef (statistiek)
Wanneer net sekere persone in die populasie bestudeer word.


steekproefruimte (waarskynlikheid)
Die aantal moontlike uitkomstes in 'n eksperiment.
bv. n(S) = 6 as ons 'n dobbelsteen rol, want daar is 6 uitkomstes: 1, 2, 3, 4, 5 of 6


stelling
'n Wiskundige stelling wat as waar bewys is. Om dit te doen kan jy ander vorige bewysde stellings of aksiomas gebruik.


stingel-en-blaardiagram
Dit word gebruik om numeriese data in statistiek te orden. Die blaar is die laaste syfer van die getal terwyl die stingel die ander syfers is.


stomphoek
'n Hoek tussen 90o en 180o.


stomphoekige driehoek
'n Driehoek met een stomphoek.


straal
'n Straal het 'n spesifieke beginpunt, maar geen eindpunt nie.
bv. straal AB:


stygend
Toenemend of om groter te word.


stygende funksie
Dit is as die grafiek van 'n funksie toenemend is.


stygende orde
Van kleinste na grootste.


supplementêre hoeke
Die som van twee supplementêre hoeke is 180o.


sydige steekproef (statistiek)
As elkeen nie 'n gelyke kans het om vir die opname gekies te word nie.


tan
Die tan van 'n hoek in 'n reghoekige driehoek is gelyk aan die lengte van die teenoorstaande sy gedeel deur die lengte van die aangrensende sy.


telgetalle
Die natuurlike getalle en nul: 0, 1, 2, 3, 4, . . .


teller
Die boonste deel van 'n breuk.


term
Deel van 'n algebraïse uitdrukking. Terme word deur + en - geskei.
bv. Daar is 3 terme in 2a - 4b + 6 maar daar is net 1 term in 3(x-2) en in (x-1)(x+3)2


tetraëder (viervlak)
'n Poliëder (veelvlak) met 4 vlakke, 4 hoekpunt en 6 kante. Die vlakke is kongruente gelyksydige driehoeke.


toekomstigewaarde-annuïteit
Wanneer vaste gereelde betalings gemaak word en jy kry die geld in die toekoms. Die toekomstigewaarde is "al die betalings plus die rente".


toppunt
Dit is die boonste punt van 'n keël of 'n piramide.


transformasie
Dit is om 'n voorwerp na 'n ander posisie te skuif deur middel van 'n translasie, 'n refleksie, 'n rotasie of 'n vergroting.


translasie
Skuif 'n voorwerp op, af, links en/of regs sonder om dit te roteer of te reflekteer. Vorm en grootte bly dieselfde.


trapesium
A vierhoek met een paar ewewydige sye.


trigonometrie
Die meting van driehoeke.


tweeterm
'n Algebraïese uitdrukking met twee terme.


tweeveranderlike data
Dit behels twee veranderlikes en word grafies met behulp van 'n spreidingsdiagram voorgestel.
(bv. lengte en gewig van leerders) 


uitdrukking
sien algebraïese uitdrukking


uitkoms
'n Moontlike resultaat as jy 'n eksperiment in Waarskynlikheid doen.
bv. om 6 te kry as jy 'n dobbelsteentjie rol


uitskieter
Word ook 'n ekstreme waarde genoem. Dit is 'n datawaarde wat baie groter of baie kleiner as die res van die data is.


variansie
Dit is die standaardafwyking gekwadreer. (sien standaardafwyking)


vaste liggaam
'n 3D voorwerp.


veelhoek
Word ook 'n poligoon genoem. 'n 2D voorwerp met drie of meer reguit sye.


veelterm
'n Algebraïse uitdrukking met twee of meer terme.


veelvlak
Sien poliëder.


veelvoud
Om die veelvoude van 'n getal te kry, maal ons daardie getal met 1, dan 2, dan 3, ens. Bv. Veelvoude van 5: 5 ; 10 ; 15 ; 20 ; 25 ; . . .


Venn-diagram
'n Diagram wat die verhouding tussen sub-versamelings binne 'n universiële-versameling verteenwoordig.


veranderlike
'n Letter wat 'n onbekende waarde verteenwoordig. (bv. x en y)


vereenvoudig
Om 'n uitdrukking in 'n eenvoudiger vorm te skryf. (bv. 7x - 5y - x - 2y =  6x - 7y)


vergelyking
'n Wiskundige stelling wat 'n = teken bevat. Die twee kante is gelyk en dus gebalanseerd.


vergroting
'n Transformasie waar die grootte, maar nie die vorm nie, van 'n voorwerp verander.


verskil
Die antwoord as ons aftrek.


versnelling
Die versnelling van 'n voorwerp is die tempo van verandering in sy snelheid. Ons gebruik die tweede afgeleide [ f ''(t)] om dit te bereken.


verteenwoordigende steekproef (statistiek)
'n Kleiner groep wat die hele populasie verteenwoordig.


vertikaal
Dit is van bo na onder. 'n Vertikale lyn is loodreg op die x-as en ewewydig aan die y-as.


verwissellende hoeke
As lyne ewewydig is, dan is verwissellende hoeke ewe groot.
Kyk vir 'n Z of 'n N.


vierhoek
'n 2D voorwerp met vier sye.


vierkant
'n Vierhoek met 4 gelyke sye en 4 regte hoeke.


vierkantswortel
Die vierkantswortel van 'n getal maal homself, gee die oorspronklike getal.


vlak
'n Syvlak van 'n vaste liggaam.


vlieër
'n Vierhoek met twee pare gelyke aangrensende sye, maar die vier sye is nie almal ewe lank nie.



volkome vierkant
'n Getal wat as die produk van twee identiese faktore geskryf kan word.


volume
The hoeveelheid spasie wat 'n 3D voorwerp beslaan.


vyfgetal-opsomming
Die minimum waarde, onderste kwartiel (Q1), mediaan, boonste kwartiel (Q3) en maksimum waarde van 'n stel data.


waardeversameling
Die waardes van y waarvoor 'n funksie gedefinieerd is of die versameling van al die moontlike y-waardes van 'n funksie.


waarskynlikheid
Sê vir ons wat die kans is dat 'n gebeurtenis sal plaasvind.


wetenskaplike notasie
'n Manier om baie groot of baie klein getalle te skryf. (bv. 65 000 000 = 6,5 x 107 en 0,000042 = 4,2 x 10-5)


wisselende reeks
Dit is 'n reeks waarin elke term die teenoorgestelde teken van die voorafgaande term het.
bv. 1 - 3 + 5 - 4 + 9 . . .


wisselkoers
Die prys van een land se geld in terme van 'n ander land se geld. (bv. R/$: 7.34  beteken ons sal R7,34 vir $1 betaal)


wortelvorm
Die vierkantswortel van 'n getal wat nie 'n volkome vierkant is nie; die derdemagswortel van 'n getal wat nie 'n volkome derdemag is nie; ens.


x - afsnit
Waar die grafiek die x-as sny. Word ook die wortel genoem. Om dit te bepaal stel ons y = 0 of f(x) = 0.


x - as
Die horisontale as op die Kartesiese vlak.


y - afsnit
Waar die grafiek die y-as sny. Om dit te bepaal stel ons x = 0 of bepaal f(0).


y - as
Die vertikale as op die Kartesiese vlak.