News Article


Probleme met Wiskunde of wil jy net jou goeie punte handhaaf? Aanlyn-lesse is die antwoord!

access_time Posted on Thu, Nov 17, 2016 3:25 PM


Met die onlangse #FeesMustFall beweging is nuwe fokus op aanlyn-kursusse geplaas om Opvoeding meer bekostigbaar en beskikbaar vir almal te maak. In die digitale era waarin ons leef, is hierdie konsep besig om meer en meer momentum te kry. Dit beteken jy kan in ‘n klein dorpie in die middel van die Karoo bly en ‘n aanlyn-kursus by Harvard Universiteit volg!

Die internet gebaseerde Suid-Afrikaanse webtuiste, YouCanDoMaths, val vierkantig in hierdie kategorie. Jy kan hiermee hoërskoolwiskunde enige tyd of enige plek leer en jy kan dit teen jou eie tempo doen, die beste manier om wiskunde te leer. Jy kan ook hiermee die belangrike wêreldwye tendens, naamlik om onafhanklike leerders te kweek en aan te moedig, volg. Toegang tot die webtuiste kan deur enige rekenaar, skootrekenaar, tablet of slimfoon (Android of iOS) verkry word, solank jy ‘n internet-verbinding het.

YCDM is ten volle Suid-Afrikaans, inlyn met KABV en is deur wiskundeonderwysers ontwerp wat beide onderving in die klaskamer, sowel as met digitale wiskunde-ontwikkeling het. Dit is ontwerp vir Suid-Afrikaanse skole wat die NSS en IEB eksamens skryf, so leerders kan net eenvoudig al die lesse van bo na onder deurwerk. Elke les bestaan uit ‘n video, notas, ‘n toets en volledig uitgewerkte antwoorde wat slegs beskikbaar is nadat die toets voltooi is. Die toetsuitslag word dan in die leerder se vorderingsverslag aangeteken. Afhangende van die metode van geregistrasie, het die ouer ook toegang tot die leerder se vorderingsverslag om sodoende te monitor en betrokke by die leerproses te wees.

Weens die gewildheid van die program, stel YCDM graad 8 en 9 aan die begin van 2017 vry. Volgens die skrywers gaan hierdie lesse besonder gewild wees, want hulle dek breedvoerig die grondslag van hoërskool-wiskunde. Baie leerders in die hoër grade het al hierdie grondslag vergeet of hulle het dit nooit regtig verstaan nie. Dit is juis een van die redes hoekom leerders met wiskunde sukkel, want die hiërargiese aard daarvan beteken dat probleme gewoonlik as gevolg van gapings in laer grade, ontstaan. Om hierdie rede kry alle YCDM kliënte toegang tot alle grade.

Die graad 10 – 12 lesse is al sedert 2012 beskikbaar en leerders vind dit geweldig nuttig. Soos een van die kliënte sê: “Weereens kan ek nie genoeg vir julle bedank vir jul waardevolle diens nie. Sonder julle sou my dogter nie haar A in wiskunde gehandhaaf het nie.”

Vir graad 10 – 12, is daar ook spesiale Hersienningslesse wat vining ‘n onderwerp opsom. Dit is ideaal om voor ‘n toets of eksamen te gebruik. Daar is ook Hersienningstoetse, wat basies mini eksamens is, met 3 verskillende vlakke: maklik, medium en moeilik. Die program voorsien dus beide in die behoeftes van leerders wat sukkel, of leerders wat hul goeie punte wil handhaaf. Daar is beslis planne om Hersienningslesse by graad 8 en 9 te voeg.


YCDM is ook by skole betrokke en bied aan hulle die geleentheid om in grootmaat, teen ‘n goeie afslag, te registreer. Vanaf 2017 voeg YCDM ook ‘n nuwe skoolfasiliteit by waar onderwysers hul klasse kan registreer en sodoende maklik toegang tot die leerders se vorderingsverslae het. Onderwysers kan YCDM direk in die klaskamer gebruik vir onderrig of hulle kan dit as ‘n “flipped” klaskamer gebruik waar leerders die lesse tuis doen en huiswerk en besprekings word dan in die klaskamer gedoen.

Die koste om YCDM te gebruik wissel van R200 per maand, indien maandeliks betaal word, tot so min as R90 per maand, indien vir ‘n jaar vooruit betaal word. Grootmaat skoolpryse is selfs laer as dit.

YCDM is volledig in Afrikaans beskikbaar.

Alhoewel YCDM ‘n uitstekende wiskunde-program is, is dit belangrik dat leerders verstaan dat daar baie toewyding en harde werk by wiskunde betrokke is. Daar is ook tye waar feite geleer moet word, so dit is nie net altyd verstaanwerk nie. Dit is hoekom YCDM glo dat met die regte houding en harde werk, KAN jy wiskunde doen!