News Article


Moet nie in 2015 met Wiskunde agterraak nie!

access_time Posted on Mon, Jan 12, 2015 2:28 PM


Dit is die begin van 'n Nuwejaar en tyd om weer agter die boeke in te skuif. As jy hoop om suksesvol in Wiskunde te wees, is die mees belangrikste ding om te onthou:

'Moet nooit agterraak met jou werk nie!'

Wiskunde bou altyd voort op vorige kennis, m.a.w. wat jy vandag in die klas leer, gaan jy môre gebruik. As jy eers agter is, verg dit groot inspanning om weer op te vang. Jou beste strategie is dus om altyd by te bly.

As jy in graad 10, 11 of 12 is, is YouCanDoMaths 'n bekostigbare, maklik om te gebruik en gerieflike manier om jou Wiskunde op datum te hou. Registreer vandag en maak gebruik van ons Nuwejaar Spesiale Aanbod wat vir jou tot 4 maande GRATIS toegang bied.