News Article
Graad 7 Wiskunde
access_time Posted on Tue, Jul 23, 2024 9:18 AM
Wiskunde is die enigste skoolvak wat vooraf kennis vereis.
Hierdie kennis begin in Graad 1, en tot in Graad 6, gaan dit meestal oor die
begrip van getalle.
In Graad 7 word leerders vir die eerste aan Algebraïese
konsepte voorgestel. Algebra in “gewone” taal is wanneer x’e en y’e in Wiskunde
verskyn. Dit is wanneer Wiskunde van konkreet na abstrak verander.
Die basiese beginsels wat in Graad 7 geleer word is uiters
belangrik vir voorbereiding vir Wiskunde in die Hoërskool waar Algebra in baie
meer diepte bestudeer word. Die vermoë om met getalle te werk is steeds ‘n
belangrike, maar nie ‘n voldoende vaardigheid nie, vir sukses in Algebra.
Die fondasie vir Hoërskool Wiskunde word dus reeds in Graad 7
gelê!
Indien jy in Graad 7 is en seker wil maak dat jy goed
voorbereid vir Graad 8 Wiskunde is, registreer nou met YouCanDoMaths.co.za en
begin onmiddellik te werk.