News Article


Gebruik YCDM om vir die Junie-eksamen voor te berei

access_time Posted on Fri, May 15, 2015 6:33 AM


Die Junie-eksamen is om die draai. Hier is 'n paar wenke oor hoe om YouCanDoMaths te gebruik om jou te help met voorbereiding vir die wiskunde-eksamen.

• Vind uit presies oor watter afdelings die eksamen gaan handel. Jou onderwyser behoort hierdie inligting aan jou te kan verskaf.

• Stel 'n studierooster op en hou daarby. Begin jou rooster 'n paar weke voor die eksamen, sodat jy tyd het om probleemgebiede te identifiseer. Indien jy in graad 12 is, moet jy ook dalk tyd maak om graad 11 werk te hersien.

• Besluit nou watter YouCanDoMaths Hersienningslesse jy moet doen. Hierdie lesse kom aan die einde van elke afdeling voor en is ontwerp om vinnig die werk wat jy alreeds gedoen het, te hersien.

• Nadat jy die Hersienningslesse (insluitende hul toetse) vir 'n sekere afdeling voltooi het, is daar Hersienningstoetse vir jou om te doen. Hierdie toetse is basies mini-eksamens en daar is drie vlakke om van te kies: maklik, medium en moeilik. Ons beveel aan dat jy ten minste die maklike en medium toetse doen. Nadat jy 'n Hersienningstoets gedoen het, het jy toegang tot die volledig uitgewerkte antwoorde. Bestudeer asseblief hierdie antwoorde noukeurig en maak seker jy verstaan hulle.

Indien jy enige navrae het oor bogenoemde, stuur gerus vir ons'n epos na info@youcandomaths.co.za en ons sal probeer om jou by te staan.

Sterkte met jou voorbereiding vir die Junie-eksamen!